Monday 7 September 2015

SPAGHETTIBROOD




SPAGHETTIBROOD

225g gekookte spaghetti
sout en peper na smaak
1 hoenderekstrakblokkie
275ml melk
25g botter
3 groot geklitste eiers
150g gerasperde Cheddarkaas
1 opgekapte soetrissie (kleur van jou keuse of gemeng)

50g opgekapte ham of gaar hoender
1 teelepel basil
1 eetlepel fyngeknipte chives.

Smeer ‘n l,5lt broodpan met botter. Verhit die melk en los die hoenderekstrakblokkie daarin op. Meng die 25g sagte botter met die geklitste eiers en roer die melk, kaas, soetrissie, ham / hoender, basil en chives daarby in. Geur goed met sout en peper. (Ek verkies Aromat). Meng die kaasmengsel deeglik deur die spaghetti en sorg dat die groente en vleis deeglik versprei is. Skep in die broodpan en bedek met foelie wat liggies met botter gesmeer is. Bak in die oond by 150ÂșC vir 1 ½ uur totdat die gereg ferm gestol het. Rol uit op ‘n opskepbord. Die gereg kan warm of koud bedien word




No comments:

Post a Comment