Thursday 3 September 2015

Elsa se Dekoratiewe Rolkoek





Tydens die The Great British Bake Off (2014), moes hulle 'n "decorated swiss roll" maak.  Natuurlik is my belangstelling dadelik geprikkel hiermee.  Alles word mos nie op tv gewys nie, maar soos 'n vriendin sê Google is mos jou beste vriend.

Ek besluit toe hierdie is wat ek vir my sussie met haar verjaardag maak, maar ons sal eers 'n oefen lopie moet neem om te sien of dit werk.

So hier volg Elsa se dekoratiewe rolkoek



Maklike Swiss Roll-rolkoek
1 koppie meel
½ teelepel sout
6 eiers (geskei)
1 koppie strooi suiker
2 eetlepels suurlemoen sap
1 teelepel vanilla geursel

Klits eiergeel en suiker saam tot liggeel en romerig.
Voeg droeë  bestandele by.
Klits eierwit styf (maak seker klitser is skoon en droog).
Vou eierwitte in die mengsel.


Voordat jy begin bak, trek jou patroon op waspapier of jy kan vryhand ook gebruik.  Sit bakpapier bo-op dit neer.

 
 
Skep 'n bietjie van die beslag in 'n bakkie, meng dit met 'n bietjie koekkleursel.  Sit in 'n spuitsak en spuit jou patroon op die bakpapier.

 
 
Sit die pan in die vrieskas vir so 10 minute.  Trek die onderste waspapier uit en gooi die res van die beslag in die pan. 
Bak teen 200˚ celcius vir 10 tot 15 minute.

Toets pen moet skoom uit die middel kom.
 
 


 
 
Maak 'n skoon afdrooglap klam.  Keer die rolkoek uit op 'n rakkie.
 
 
Trek versigtig die bakpapier af.
 
Sit die klamdoek oor dan 'n tweede rakkie en draai die rolkoek om.  Rol nou die rolkoek met die lap en al op.  Laat dit afkoel.
 
Terwyl dit afkoel kan jy gou jou vulsel maak.  Die standard vulsel is appelkooskonfyt, maar hier kan jy rerig speel met idees.  (Maak konfyt effens warm in mikrogolf oond, smeer oor die koek. Kan ook gekookte kondensmelk gebruik.)
 
Ek het suurlemoensmeer (die resep is op die blog) gebruik saam met Orley Whip wat ek styfgeklop het.  As die rol koud is rol hom oop en smeer jou vulsul oor.



 


Rol dit versigtig op (natuurlik hierdie keer sonder die vaddoek), sorg dat die naat onder is.  Sny die punte versigtig af en eet dit vinnig, anders moet jy deel.
 
 
Hierdie een het ek toe vir my sus gemaak met haar verjaardag.
 
 
 

 
Kyk hierdie blad wys dit ook oulik hoe om dit te doen:
http://www.craftsy.com/blog/2015/09/patterned-roll-cake-recipe/
 

 

No comments:

Post a Comment