Wednesday 9 September 2015

Lizette se Quiche



Nog 'n heerlike resep wat ek sommer baie gebruik. 

Lizette se Quiche
1 en 'n kwart koppie meel
Halwe koppie olie
2 eetlepels melk
1 teelepel sout


Meng alles tot krummelrig en druk vas in die bak was jy dit wil bak.   Laat eenkant staan

Maak vulsel van ongeveer 2 koppies (wat ookal jy wil genruik)

Gooi die vulsel in die korsm. Maak nou die topping.

3 eiers
1 koppie kaas
1 houertjie gewone (klein) jogurt
Spoel die houertjie uit met melk, die jogurt en melk sal so 1 en 'n halwe koppie wees
Sout en peper
Gooi bo oor vulsel en bak op 180 tot lekker bruin


'n Gunstelling kombinasie is butternut, spinasie en fetta

No comments:

Post a Comment