Thursday 3 September 2015

Suurlemoensmeer



Ek kan onthou hoe my ma altyd die lekkerste koeke kon bak, die middel was altyd gebul met "lemon curd".

Maklike as maklik kan dit nie wees om te maak nie

Suurlemoensmeer
100g (110 ml) botter / bakmargarien (gebruik botter vir 'n meer DEKADENTE eindproduk!)
sap van 2 groot suurlemoene
fyngerasperde geel skil van 1 suurlemoen
225g (275 ml) witsuiker
3 groot eiers

Mikrogolf die botter/marg 1 minuut onbedek in 'n diep mikrogolfbak op HOOG (100% krag). Voeg suiker, suurlemoensap en -skil by en roer goed om die suiker op te los. Klits eiers en roer by.

Mikrogolf 4 minute onbedek op HOOG (100% krag) en roer elke minuut. Mikrogolf daarna nog 30 sekondes en toets of dit dik genoeg is: as jy 'n metaallepel in die mengsel steek en uithaal sal daar 'n dikkerige lagie aan die agterkant van die lepel vassit. (Onthou: die suurlemoensmeer word dikker namate dit afkoel.)
 
Gooi warm smeer in skoon, gesteriliseerde botteltjies. Bedek met 'n stukkie waspapier (om te keer dat suur met metaaldeksel reageer) en draai die deksel styf vas.

Lewer ong. 500 ml smeer
 
Wenk:  Verpak dit in fraai botteltjies vir 'n spesiale tuisgemaakte geskenkie, gebruik as vulsel vir 'n rolkoek of sponskoek.  Jy gaan jou vingers aflek so lekker is dit.

No comments:

Post a Comment