Wednesday 9 September 2015

Lizette se Maaskaastert



Resep by 'n vriendin gekry en dit is altyd 'n treffer

Lizette se Maaskaastert

(Vir gemiddelde grootte tertbak)

BESTANDDELE:

• 1.5 pakkie Tennisbeskuitjies
• ± 125ml gesmelte botter
• 2 blikkies kondensmelk
• 2 houertjies gladde maaskaas
• ¾ koppie suurlemoensap

• 1 pakkie rooi jellie of ander geur (opsioneel) en vrugte wat daarby pas vir bo-op

METODE:

1. Rol tennisbeskuitjies fyn met koekroller op papier
2. Meng beskuitjies met gesmelte botter en druk as kors vas in tertbak en plaas in yskas
3. Meng kondensmelk met ¾ koppie suurlemoensap en klop met vurk tot dik
4. Meng maaskaas daarby en gooi in tertkors
5. Sit tert in oond en stel oond op 170 grade – NB: Hou oond se liggie dop – sodra liggie afgaan en die oondtemperatuur bereik is, skakel oond af, maak die oonddeur oop en laat die tert binne in oond afkoel.

Vir versiering:

Maak jellie aan met ¾ koppie kookwater en halwe koppie koue water en laat afkoel. Gooi bo-oor afgekoelde tert en versprei die vrugte bo

Andersins sny ek die tert klaar in blokkies en plaas `n klein stukkie vrugte op elke blokkie soos ¼ stukkie kiwivrug op een blokkie en `n stukkie aarbei op volgende blokkie ens – dan plaas ek nie jellie bo-op nie.



No comments:

Post a Comment