Monday 7 September 2015

Patatbrood




Patatbrood

Genoeg vir: 2 brode
Oondtemperatuur: 220 °C
Baktyd: 45 minute

• 250 g gaar patat, fyngedruk of tot ’n puree verwerk
• sowat 400 ml louwarm water
• 750 g koekmeel
• 5 ml sout
• 1 pakkie kitsgis (10 g)

1 Meng die fyn patat met die louwarm water tot glad.

2 Meng die koekmeel, sout en kitsgis in ’n mengbak. Maak ’n holte in die middel en giet die patat-en-watermengsel daarin. Meng en knie die deeg totdat dit glad en elasties is. Bedek die deeg en laat dit op ’n warm plek staan om tot sowat dubbel die oorspronklike volume te rys.

3 Knie die deeg af en verdeel in twee. Jy kan die brood in gesmeerde broodpanne bak of jy kan die deeg op ’n bakplaat vorm. Bedek en laat op ’n warm plek staan totdat die deeg weer uitgerys is. Voorverhit die oond.

4 Sprinkel ’n bietjie meel oor die brode en bak dit vir 15 minute. Verlaag dan die temperatuur na 180 °C en bak vir nog 30 minute of tot gaar. Die brood is gaar as dit hol klink wanneer jy daarop klop.

 

No comments:

Post a Comment