Wednesday 9 September 2015

Elsa se Piesangbrood



Ek verlang sommer vandag na my ma as ek die piesangbrood ruik, sy het altyd die lekkerste piesangbrood gemaak.


Elsa se Piesangbrood
2 (150ml) piesangs
2.5ml koeksoda
100ml kookwater
2 medium eiers
50ml sonneblomolie
5ml vanieljegeursel
500ml koekmeel
10ml bakpoeier
2.5ml sout
100ml bruinsuiker
50ml rosyne, optioneel
125ml pekanneute, optioneel

Voorverhit die oond tot 180 grade.  Druk die piesangs fyn.  Roer die koeksoda en kookwater by en laat dit afkoel.  Klits die eiers, olie en geursel saam en roer dit by die piesangpuree.  Meng die meel, bakpoeier, sout, bruinsuiker, rosyne en neute en roer dit by.  Skep dit in 'n gesmeerde broodpannetjie.  Bak vir 45 tot 60 minute.

Strooi kaneelsuiker oor die deeg voordat die broodjie gebak word.

Rosyne kan vervang word met dadels of koekvrugte.

Pekanneute kan vervang word met enige ander neute van jou keuse.

Broodjie kan gevries word.


No comments:

Post a Comment