Monday 7 September 2015

Krummel-Appeltert




Niks so lekker soos 'n snytjie warm appeltert nie

Krummel-appeltert
LEWER 1 TERT VAN 24 CM

KORS
120 g botter
125 ml (½ k) suiker
1 eier
2 ml (½ t) vanieljegeursel
500 ml (2 k) koekmeel
10 ml (2 t) bakpoeier

knippie sout

VULSEL
1 blik (385 g) tertappels
30 ml (2 e) bruinsuiker
fyn kaneel vir oorsprinkel

Voorverhit die oond tot 200 °C. Smeer ’n tertpan of veerklamppan van 24 cm.

 1.KORS Verroom die botter en suiker saam tot lig en donsig. Voeg die eier en vanieljegeursel by en klits goed.
2.Sif die meel, bakpoeier en sout saam en roer by die mengsel in om ’n sagte deeg te vorm.
3.Draai die deeg in waspapier toe en laat 20 minute in die yskas rus.
4.Deel die deeg in 2 helftes. Druk die een helfte op die boom van die pan vas en plaas 20 minute in die yskas.

 5.VULSEL Meng die tertappels en suiker en skep oor die deegkors.
6.Sprinkel ’n bietjie kaneel bo-oor. Rasper die res van die deeg bo-oor en bak 25 minute in die oond tot goudbruin.

Ek het sommer 'n bietjie versiersuiker bo-oor gestrooi.

Ek het sommer vars appels geskil en gekook met 'n bietjie sout en 'n kaneelstokkie, 'n bietjie water en suiker tot sag maar ferm.  Die sous so 'n bietjie dikker gemaak met mielieblom.


No comments:

Post a Comment