Thursday 3 September 2015

Suurlemoenstroop



Juis hierdie tyd van die jaar wanneer suurloemoen volop is, kan hierdie stroop gemaak word.  Bottel dit en gebruik gedurende die somer.


Suurlemoenstroop
500 ml suiker
250 ml water
250 ml vars suurlemoensap


Verhit die suiker en water saam oor lae hitte tot opgelos.
Bring tot kookpunt en prut vir vyf minute sonder om te roer.
Voeg die suurlemoensap by, verwyder van die hitte en laat afkoel.
Giet in gesteriliseerde bottels.
 
Giet 30 ml van die stroop in 'n glas en vul op met 250 ml yswater of sodawater vir verfrissende limonade.
 
Lewer ongeveer 500 ml stroop.


No comments:

Post a Comment