Tuesday 23 June 2015

Welkom

Welkom by Elsa se Kuier-Kombuis waar ek my hartsgeheime uit die kombuis met almal gaan deel.

As jy jonk is dink jy nie altyd om ouma, ma, tannie, ens. se gewilde resepte neer te skryf nie.  Eers jare later as hulle dalk nie meer hier is nie dan besef jy watter resepte het saam met hulle gesterf.

Hierdie blog het ek begin vir almal wat na aan my hart is wat baie keer 'n resep of raad vra.

Ek deel dus met baie liefde my resepte, ens aan julle.

No comments:

Post a Comment