Wednesday 24 June 2015

Vleiskoekies (Patties)





Moeg vir die winkel se vleiskoekies, dan is dit tyd om jou eie te maak.


Vleiskoekies

Bestandele:
500g Beesmaalvleis (probeer ook volstruismalvleis)
1 Eier, Geklits
1 sny Witbrood, boord word in die melk geweek
100ml Melk
Sout en vars Swartpeper
10ml Worcestersous
60ml Pietersielie, fyn gekap

Metode:
Meng al die bestanddele vir die vleiskoekie in ‘n groot mengbak.  Verdeel die maalvleismengsel in vier en vorm elk in ‘n koekie.  Gebruik ‘n maatkoppie of metaalvormpie om ewe groot vleiskoekies te vorm.  Verkoel

Wenk:  Maak die vleiskoekies ‘n paar maal aan en bevries dit wat jy nie dadelik gaan voorsit nie.  Bedek elke koekie individueel met kleefplastiek.  Dit kan sowat 3 maande gevries bly

No comments:

Post a Comment