Wednesday 24 June 2015

Asynpoeding met Vla




Asynpoeding

Bestandele:

Sous:
2 koppies Kookwater
1 koppie Suiker
3 Eetlepels Asyn

Beslag:
koppie Meel
½ koppie Suiker
1 koppie Melk
½ koppie Margarien
1 Eier
1 teelepel Koeksoda
1 eetlepel Appelkooskonfyt

Metode:
Klits die botter,suiker en eier
Meng meel, saam met melk
Roer konfyt by
Roer koeksoda, gemeng met ‘n bietjie melk by
Plaas mengsel in kokende stroop
Bak 1 uur teen 180°C



Niks so maklik as om vla in die mikrogolfoond te maak nie, hou net dop dat dit nie oorkook nie.

Vla - Mikrogolfoond
Bestandele:
250ml Melk
15ml Vlapoeier
15ml Suiker

Metode:
Meng die vlapoeier met ‘n bietjie melk tot ‘n gladde pasta
Roer die suiker en die res van die melk by
Mikrogolf die vlae 2½ - 3 minute lank teen volle krag.  Roer dit een maal gedurende die tyd.

Wenk:  Plaas ‘n stuk waspapier bo-op die vla om te voorkom dat ‘n vel vorm.  Ek gooi so 5ml vanielje-essens by

No comments:

Post a Comment