Tuesday 23 June 2015

Vetkoek met gekoopte deeg

 
 
Vandag is die lewe al vir ons so maklik gemaak.  Jy kan 'n sakkie deeg gaan koop en binne 'n kort tydjie die heerlikste vetkoeke, brood ens bak.  En hierdie deeg vries ook lekker, haal net uit en laat rustig ontvries op die kas, knie weer effe deur en gebruik soos gewoonweg.
 
 
Klaar gemaakte witbrood deeg (Spar)
Meel
Botter
Olie 
 

 


Laat deeg rys en knie weer af met gebotterde hande  Maak balletjies en laat hulle 'n bietjie rus op 'n meel bestrooide oppervlakte.  Ek gebruik sommer 'n skimbord dan is dit maklike om skoon te maak.
 


 
Braai in lou warm olie, dis die truuk - al gaan dit stadig.
Braai aan beide kante tot goud bruin.
Dreineer op kombuis Papier.

 
Lekker smul aan die vetkoeke
 

1 comment:

  1. hoe maak mens die deeg aan soos spar sin gebruik mens koekmeel of broodmeel

    ReplyDelete