Wednesday 24 June 2015

Christa se Gemmer Kaaskoek




Ryk, romerig en lekker….  Daar is nie 'n ander manier om dit te beskryf nie

Hierdie resep het ek by my niggie gekry.  Altyd lekker om saam met haar te kuier en resepte uit te deel.  Dankie Christa vir hierdie lekker resep

Christa se Gemmer Kaaskoek

Bestandele:
150g Gemmerbeskuitjies, fyn gemaak
4 eetlepels Oats
80g Margarien, gesmelt
2 eetlepels gepreserveerde Gemmer, in stukkies gesny

500g roomkaas
250g maaskaas
250ml suurroom
1 koppie castor sugar
3 Eiers
½ teelepel fyn gemmer
½ teelepel fyn kaneel
Skil van ‘n lemoen en suurlemoen

Metode:

Voorverhit die oond op 170°C

Meng die gemmerkoekies, oats en margarien met mekaar.

Druk dit vas in ‘n losboompan (maak langs die kant oop), sprinkel die gepreserveerde gemmer bo-op.

Meng die res van die bestanddele in ‘n bak tot glad en romerig.

Gooi oor die koekiebeslag en bak vir 40minute.

Skakel die oond af en los die kaaskoek vir 1 uur daarin.  Haal die kaaskoek uit die oond en laat afkoel.  Maak die pan toe en sit oornag in die yskas.
 
Christa dankie vir die resep, dit bly maar 'n treffer

 

No comments:

Post a Comment