Wednesday 24 June 2015

Vetkoekies in die pan



Elke keer as ek hierdie maak dink ek aan my ma. 

Vetkoekies in die pan

Bestandele:
250ml meelblom
5ml bakpoeier
1 tot 2ml sout
1 eier
125ml water of melk
Olie om in te braai

Metode:
Sif die droë bestanddele saam
Klits die eier en meng dit met die droë bestanddele.  Maak ‘n slap deeg aan met die melk of water
Verhit olie in braaipan, sodat die boom van die pan goed bedek is daarmee.
Gooi die beslag lepel vir lepel in die warm olie en laat dit aan albei kante ligbruik bak.
Dien dit warm op

Wenk:  Sit ‘n stukkie kaas, weenseworsie of ‘n skyfie boeliebeef in die middel van die deeg.  Ook lekker om die volgende dag in die kosblik te pak.

No comments:

Post a Comment