Wednesday 24 June 2015

Maretha se 4 x 4 Konfyt




Maretha se 4 x 4 Konfyt

Ek het hierdie heerlik konfyt die eerste keer by "Jongsus" ge-eet en kon net nie anders om self daarmee te gaan eksperimenteer nie


Bestandele:
600g suiker
1kg vrugte (bv perske, peer, druiwe en appel)
Water (indien die vrugte genoeg vog het is dit nie nodig nie)

Metode:
Was die vrugte deeglik af.  Verwyder die skil van die vrugte en haal pitte uit.

Gooi vrugte en suiker in pot.  Verhit dit op ‘n lae hitte tot die suiker gesmelt het.  Laat dit dan vinnig kook tot vrugte helder en deurskynend is en die stroop dik is.

Bottel en verseël dit.

WENK:  Dink aan die lekker kombinasies jy met die volgende kan maak: appels, pynappel, peer, perske, koejawel, vye, aarbei, piesang, ens



Sommer 'n maklike manier om die botteltjie te versier met 'n cupcake liner en 'n mooi lintjie

Om die label van die bottel te verwyder sit die bottel in warm seepwater vir 'n rukkie.

Om die halstarrige gom te verwyder, probeer die volgende:
Smeer peanutbotter op – laat staan vir rukkie en vee af.
Spuit doom op
Smeer sunlight liquid op – laat staan vir ‘n rukkie en was af onder kokende water

No comments:

Post a Comment